Zuma besoek Knysna ná verwoestende brande

President Jacob Zuma het Donderdag ’n besoek aan Knysna afgelê wat die afgelope twee weke deur brande verwoes is.

’n Sterk storm het verlede Woensdag op die Wes-Kaap toegesak en groot dele van Knysna, Brenton-on-Sea, Buffalobaai en dele van Plettenbergbaai het in vlamme opgegaan.

Ongeveer 10 000 mense is ontruim en sewe mense het gesterf. Daar was ten minste 22 brande wat meer as 1000 brandbestrydens uiteindelik in bedwang gebring het.

Maatskappye en individue het die massiewe beroep vir humanitêre verligting beantwoord.

Zuma se besoek volg ná ’n spesiale vergadering duer die Wes-Kaapse kabinet Woensdag vir ’n eerstehandse assessering van die situasie.

Hellen Zille, premier van die Wes-Kaap, het aangekondig dat R75 miljoen van die provinsie se inkomste fonds om die gebied te help hestel van die verwoesting en om die effek van die droogte te versag.

Bronne: News24WIRE