Vanjaar se top tien hoogste betaalde entertainers ter wêreld

Die lys van bekendes met die grootste beursies vir 2017 is onlangs bekend gemaak en het ’n paar verrassings opgelewer.

Sean “Diddy” Comb welbekend as Puff Daddy het die leisels by Taylor Swift oorgeneem (wat laasjaar eerste was) en vat die koek met ’n ontsaglike inkomste van R1,66 milj. Die I’ll Be Missing You-sanger is bokant Beyoncé wat tweede plek op die lys behaal het met R1,34 milj. wat sy uit haar Formation-wêreldtoer en Lemonade-album gemaak het.

Harry Potter se skrywer J.K. Rowling het weer terug gekeer op die lys, dié keer met R1,21 milj. gevolg deur die rapper Drake, wat van nommer 69 verlede jaar gespring het tot vierde plek op vanjaar se lys met R1,20 milj.

Cristiano Ronaldo van Real Madrid sluit die top vyf af, as die hoogste betaalde sokkerspeler ter wêreld met R1,18 milj.

Die ander verrassing is The Weeknd, wat op die voorblad van die tydskrif Forbes se jongste uitgawe verskyn, die top 10 vir die eerste keer gehaal het. Hy is in die sesde plek met R1,18 milj.

Die volgende bekendes vul die laaste vier plekke op die top tien met hul miljarde: Howard Stern R1,14 milj.; Coldplay met R1,12 milj.; James Patterson met R1,11 milj. en LeBron James met R1,09 milj.

Bron:www.eonline.com

Foto:twitter.com