Suurlemoene

lemon juice in potAs jy jou koper wil skoonmaak, maar jy het nie Brasso nie, gebruik suurlemoensap. Charlene Polman, Strand

Halveer 2 tot 3 suurlemoene en sit in jou stoompot saam met 2 tot 4 blikke kondensmelk. Bedek die mengsel met water. Ná 40 minute het jy jou eie caramel asook ’n blink pot sonder watermerke. M. Rossouw, Brackenfell

Voeg suurlemoensap by jou rys wanneer jy dit kook. Die korrels bly dan apart en die rys sal spierwit wees. Angeline Davids, Paarl