SASKO Soja en lynsaad-melbaroosterbrood met gerookte salm

 

Soja en lynsaad-melbaroosterbrood met gerookte salm

Voorbereidingstyd: 15 min

Baktyd: 5 min

Maak 10 porsies

Bestanddele

5 snye SASKO Plus+ Soy and Linseed-brood

200g gerookte salm

½ suurlemoen se sap

150g volroomroomkaas

30g grasuie, gekap

50ml olyfolie

Sout en peper

Mikrokruie

Metode

Voorverhit oond tot 180°C

Plas kleefvrye bakpapier in bakplate

Rol SASKO Plus+ Soy and Linseed-brood om ’n dun vel van 3 mm dik te vorm

Verwyder die korsies en sny in reghoekige vorms ongeveer 3 vingers groot. Geur die brood met olyfolie, sout en peper

Bak in die oond vir 10 min of tot goudbruin. Verwyder uit die oond en laat dit afkoel

Gooi roomkaas, gekapte grasuie en suurlemoensap in ’n klein mengbakkie en geur. Meng deeglik.

Plaas die mengsel in ’n spuitsak.

Om saam te voeg

Spuit die roomkaasmengsel bo-oor elke broodjie en rond af met gerookte salm

Geur met sout en peper en garneer met mikrokruie