SASKO Franse roosterbrood met mascarpone, bessies en heuning

Franse roosterbrood met mascarpone, bessies en heuning

Voorbereidingstyd: 20 min

Om saam te voeg: 5 min

Genoeg vir 2 porsies

Bestanddele

4 snye SASKO Plus+ Oat and Honey-brood

60ml melk

3 eiers, geklop

Knypie kaneel

Knypie neutmuskaat

40g botter

30ml heuning

100g gemengde bessies; bloubessies, aarbeie, frambose

50ml mascarponekaas

50g gevlokte amandels

125ml melk

Metode

Meng die geklopte eier, melk, kaneel en neutmuskaat in ’n klein bakkie

Plaas die brood in ’n smal houer en gooi die eiermengsel oor. Laat die eier in die brood intrek.

Smelt die botter in ’n braaipan oor medium hitte. Plaas die eierbedekte brood in die pan en braai tot goudbruin.

Om saam te voeg

Verdeel tussen twee borde, smeer die mascarpone met ’n lepel oor, strooi die bessies en amandels oor en bedruip met heuning.