SASKO roosterbroodkoppies met spek, eier en stadig geroosterde tamaties

Voorbereiding: 10 min

Baktyd: 10 – 15 min

Genoeg vir 6 koppies

Bestanddele

6 snye SASKO Low GI Whole Wheat-brood

75g gesmelte botter

6 repies spek, vooraf gaargemaak en gehalveer

6 groot eiers

Sout en peper

6 geroosterde ranktamaties

100g fetakaas, gekrummel

Metode

Voorverhit die oond tot 180°C

Smeer ’n standaard-kolwyntjiepan liggies met gesmelte botter

Druk die snye brood saggies plat met ’n roller, verwyder die korsies en sny in ’n blok

Druk die brood in die voorbereide kolwyntjiepan in en borsel liggies met die oorblywende gesmelte botter

Plaas die spek bo-op die broodkoppies en breek een eier in elke koppie

Bedek met gekrummelde feta en twee halwes van ’n geroosterde tamatie

Geur met sout en peper

Om te bak

Bak vir 10 – 15 minute tot die eier gaar is en die broodkoppie krakerig is

Verwyder van die oond en bedien warm