Provinsiale wyd taxi staking in Gauteng

Verkeersbeamptes in Gauteng het motoriste aangemoedig om geduldig te wees terwyl ’n beplande taxi staking Donderdagoggend plaasvind.

Taxi’s het Donderdagoggend die paaie geblokkeer en was besig om op die N1, N3 en N12 te bestuur.

Die Geuteng onderwysdepartement het ouers aangeraai om hul kinders by die huis te hou.

Volgens Wayne Minnaar, ’n polisiewoordvoerder, het taxi-bestuurders vragmotors gekaap om die Allendale-afrit te blokkeer.

“Dit het omstreeks 03:00 begin. Ek kan nie bevestig of enigiemand beseer is nie. Ek kan bevestig dat taxi-bestuurders vragmotors gekaap het om die hoofweg by Allendale-afrit te blokkeer.”

Die taxi-bestuurders was op pad na die Suid-Afrikaanse Taxi Finansies-kantoor.

Die betoging gaan na verwagting tot 15:00 duur. Dit is ’n wettige byeenkoms, volgens Minnaar.

Bron: News24WIRE