Mufreuke

mufOm ’n mufreuk uit klerekas te kry, sit stukke wit swartbordkryt (chalk) tussen klere en in laaie. Renette Daniels, Mitchells Plain

Om ’n mufreuk uit kas te kry, kan jy die lang stawe donkergroen Sunlight-seep in die kas sit. Elsabé Hosking, Pretoria

Vir muf in klere, neem ’n halwe botteltjie vanilla essence en gooi dit in ’n skottel met water. Week die kledingstuk ’n ruk daarin en hang dan in buitelug op om droog te word. S. Basson, Paarl