Mev. Universe 2017 in Durban aangebied

Skoonheidskoninginne van regoor die wêreld kom vanjaar in KwaZulu-Natal bymekaar.

Dit is die eerste keer dat die Mev. Universe-skoonheidswedstryd in Afrika plaasvind.

Dié kustelike provinsie het die regte gekry om die 40ste jaarlikse Mev. Universe-toernooi aan te bied. Daar word verwag dat 84 lande se mense na SA sal stroom om deel te neem aan die Wêreld-finale in People’s Park by Moses Mabhida-stadion op 2 September.

Om in te skakel by die tema van Empowering Women. Creating Change, word daar ook erkenning gegee aan getroude vroue tussen die ouderdom van 25 en 45 jaar, wat verskriklik baie doen om hul plaaslike gemeenskappe op te hef.

Die skouspel sal ook ’n internasionale gehoor met plaaslike kunstenaars en dansers vermaak.

Alhoewel deelnemers aan verskeie CSI-inisiatiewe in die provinsie gaan deelneem, sal daar oor genoeg tyd wees om die pragtige besienswaardighede van die provinsie te geniet.

Bron:www.channel24.co.za

Foto: twitter.com