McCain sê dankie vir MA’s

McCain Suid-Afrika moedig kinders van regoor heen die land aan om vir ma’s dankie te sê

McCain Suid-Afrika het onlangs die Sekondêre Skole Zonnebloem Nest in Kaapstad besoek as deel van hul “It’s the little things that mean everything”-veldtog. Dié veldtog gaan daaroor om vir ma dankie te sê vir alles wat sy vir hul kinders doen en beteken, deur regte mense se stories te deel.

Die leerders is toe gevra om elkeen ’n opstel te skryf oor hoekom hulle ma liefhet en waarvoor hulle die dankbaarste is teenoor ma. McCain het ook ’n skryfbehoeftestel vir elke kind geskenk en hulle bederf met smullekker McCain Crispy Oven Chips.

Een van die leerders se stories oor hul ma sal later gekies word, en dié gelukkige leerder sal sy/haar ma met behulp van McCain, met ’n spesiale verrassing kan bederf.

Met die projek wil McCain kinders van alle ouderdomme aanmoedig om gereeld vir hul ma’s dankie te sê vir alles wat hulle doen!

 

DSC01909-RT DSC01992-RT DSC02101-RT