Man in hegtenis ná stiefseun sterf

Die stiefpa van ’n 18 maande oue seun is in hegtenis geneem nadat hy gesterf het.

Luidens ’n verklaring deur Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die seun by ’n gesondheidsfasiliteit in Kensington, Kaapstad weens ernstige beserings aan sy kop en liggaam gesterf.

Gesondheidsbeamptes het die polisie ingeroep, waarna die kind se 26-jarige stiefpa in hegtenis en sy 30-jarige ma vir ondervraging geneem is.

Die man verskyn eersdaags in die landdroshof in Kaapstad sodra hy aangekla word.