Ma van dooie kleuter swanger

’n Vrou (30) wat onder die Kinderwet aangekla word ná die dood van haar seun, is ses maande swanger.

Abigail Ruiters het Woensdag saam met haar kêrel, Ameeruddien Peters (26) in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Peters word van moord aangekla nadat die 18 maande oue kind by ’n kliniek in Kensington gesterf het.

Die kleuter het ernstige beserings aan sy kop en liggaam gehad.

Die staatsaanklaer, Ebrahim Adams, het versoek dat Peters in die hospitaal-afdeling van Pollsmoor-gevangenis aangehou word, nadat hy bloedig is sy sel gevind is ná sy inhegtenisname.

Hy is vir oppervlakkige wonde aan sy polse behandel.

Ruiters het ook twee ander kinders.

Die saak is tot 21 Junie uitgestel.

Bron: News24WIRE