Liddorings

feetVir ’n nat liddoring tussen tone: Maak ’n stukkie watte nat met witasyn en sit die tussen tone. Dit brand, maar hou dit daar vir ’n paar minute. Laat droog word en smeer gereeld voetpoeier tussen tone. Lientjie Seyffert, Vanrhynsdorp

Vir ’n nat liddoring en waterblase onder voet en tussen tone: Rasper rou uie en sit die sap van die ui op die seerplek. Annatjie Coetzee, Grootdrink

Vir ’n nat liddoring tussen die tone, was jou voete elke dag met ’n soutmengsel en smeer Vaseline aan droë voete. E. Morgan, Seawinds, Steenberg