Lekker varkboud!

VARKBOUD MET COKE

Bestanddele:
2 kg varkboud
½ bottel Mrs Balls Chutney
7 uie, in ringe gesny
1 liter vleisaftreksel
2 blikkies Coke

Metode:
Braai vleis tot bruin in ysterpot.
Pak uie bo-op.
Gooi aftreksel en Coke bo-oor en dan chutney.
Bak 3 ure teen 170ºC [of in ‘n platpot op die kole.]
Maak vleissous dik met bietjie meel of Maziena!! Baie lekker.

Varkboud met pynappel

Bestanddele:
1blik fyngedrukte pynappel
2 fyngedrukte knoffelhuisies
2e worcestersous
2e Robertsons Ginger Paste
1,5kg varkboud
Robertsons whole cloves
Robertsons Atlantic Sea Salt en Black pepper
1k water

Metode:
Meng die fyngedrukte pynappel fyngedrukte knoffel worcestersous en gingerpaste in n bak saam.
Sit boud in oondpan druk whole cloves in di vleis in gooi die sous oor en geur met sout en peper
gooi 1k water in die oondpan bedek met foelie en oondbraai in n verhitte oond teen 180°C vir
omtrent 1en n half uur. Haal die foelie af en oondbraai vir 15min teen 200°C.

Bron: www.facebook.com