KUIER gedigtekompetisie met ATKV

Hou jy daarvan om gedigte te skryf? Stuur in jou gedig, jy kan lekker kontantpryse en jou eie video wen!

Junior kategorie: Gr. 8 tot 12-leerders

Senior kategorie: Volwassenes

Sluitingsdatum: 31 Mei 2016

Stuur jou gedig per e-pos na kuier@kuier.co.za met ATKV-gedigtekompetisie in die

onderwerplyn; OF pos dit na ATKV-gedigtekompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000;

OF inbox dit na Kuier op Facebook by www.facebook.com/kuierinstyl

 

 

Die wenner van die junior kategorie wen R3 000 kontant, die tweede plek R2 000 en derde plek R1 000. In die senior kategorie kry die wenner R5 000 vir die wengedig. Die tweede plek wen R4 000 en derde plek R3 000.

 

REËLS EN VOORWAARDES:

• Geen laat inskrywings word aanvaar nie.

• Jy kan net een gedig inskryf en dit mag nie langer as 14 reëls wees nie. Jou gedig moet in Afrikaans (nes jy dit praat of skryf) wees, dit kan oor enige onderwerp handel en moet geen kru taal bevat nie. Dit moet jou eie, oorspronklike samestelling wees en nie voorheen elders gepubliseer was nie.

• Inskrywings kan nie teruggestuur word nie en Kuier en ATKV behou die reg voor om gedigte wat ingeskryf is, te publiseer.

• Die finaliste en wenner word deur die redakteur en beoordelaars aangewys.

• Die redakteur se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal verder hieroor gevoer word nie.

• Werknemers en naasbestaandes van Media24, ATKV en ander borge mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Deelnemers moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees. Diegene wat jonger as 18 is, moet skriftelike toestemming van hul ouers kan bewys.

• Pryse is nie oordaagbaar nie.

• Die finaliste en wenners moet bereid wees om in die Kuier te verskyn en aan bemarkingsaktiwiteite van Kuier en die ATKV deel te neem.