Khloe Kardashian se doktersbesoek onthul klomp dinge

Khloe Kardashian van die bekende realiteitsprogram Keeping Up With The Kardashians het ’n onaangename verrassing gekry toe sy en haar suster Kim Kardashian ’n vrugbaarheidspesialis besoek het.

Hoewel die afspraak was om uit te vind of Khloe ’n surrogaat vir Kim kan wees en moontlik haar derde baba kan dra, het die dokter iets heel anders onthul. Dr. Andy Huang het gedurende ‘n sonar bevind dat die 32-jarige minder eierstokke het as wat normaal is vir haar ouderdom.

Toe die voortplantingspesialis egter vra oor haar vrugbaarheidsgeskiedenis, begin die werklikheidster by haar verhouding met die Amerikaanse basketbal speler Lamar Odom en hul vorige pogings om ‘n kind van hul eie te hê. Meer spesifiek, bring Khloe aan die lig dat sy gemaak het asof sy probeer om swanger te word tydens hul mislukte huwelik.

“Ek was getroud, maar ek het geweet die omstandighede was nie gesond vir ’n baba nie,” sê sy aan die dokter.

Intussen laat die dokter se nuus Khloe wonder of sy ooit eendag kinders van haar eie sal hê.

“Dit is beslis glad nie hoe ek gedink het hierdie afspraak sou uitdraai nie. Wat as ek nie swanger kan raak nie,” was Khloe se reaksie.

Bron: www.eonline.com

Foto:twitter.com