Kastrolkoek

Lewer een dubbellaag grootkoek  

 

BESTANDDELE

100 g botter
1²⁄₃ koppies strooisuiker

²⁄₃ blikkie kondensmelk

100 g (1 blok) donkersjokolade, in klein stukkies gebreek

100 ml kookwater

1¾ koppies bruismeel

5 opgehoopte eetlepels cocoa

’n Knippie sout

2 eiers, geklits

Versiersel:

6 eetlepels sagte botter

2 ²⁄3 koppies versiersuiker

½ koppie cocoa

¹/₃ koppie melk

1½ teelepels vanilla essence

Fyngekapte, geroosterde haselneute (of enige ander neut van jou keuse)

Stappe

 

METODE

1 Plaas die botter, suiker, kondensmelk, sjokolade en kookwater in ’n groot kastrol en smelt alles saam oor lae hitte. Meng totdat dit glad is.

2 Sif die meel, cocoa en sout by en roer goed met ’n houtlepel by. Klits die eiers vinnig by die mengsel in totdat jy ’n blink, gladde mengsel het. Giet die mengsel in twee gesmeerde koekpanne van ongeveer 18 cm wat met bakpapier gevoer is en bak in ’n voorverhitte oond van 180˚C vir 25 minute. Keer die koeke op ’n draadrak uit en laat heeltemal afkoel voordat jy dit versier.
3 Versiersel: Plaas die 6 eetlepels sagte botter in ’n mengbak en klits tot romerig. Sif die versiersuiker en cocoa by en meng goed. Roer die melk bietjie-vir-bietjie by en dan die vanilla essence. Klits tot glad.

4 Smeer die versiersel tussen die twee koeklae en bo-op, langs die kante ook, indien jy verkies. Versier met fyngekapte neute (of hoe jy ook al verkies).