Jy kan nou kook vir geld!

Stof af jou voorskoot en wys jou slag in die kombuis met Kuier se splinternuwe kookkompetisie, in samewerking met KOO. Jy kan vir ’n jaar lank vir Kuier kook, R50 000 én R10 000 se KOO-produkte wen!  

So kan jy inskryf:

STAP 1: Maak jou resep (Onthou dit moet ‘n KOO-produk bevat)

STAP 2: Neem ‘n foto van jou dis

STAP 3: Stuur die vir ons voor 30 April 2016.

E-POS: kuier@kuier.co.za

POS: KUIER Huiskok-Kompetisie,

Posbus 1802, Kaapstad 8000

Inbox: www.facebook.com/kuierinstyl

Die wenner van die Huiskok-kompetisie moet vir ’n periode van 12 maande beskikbaar wees om as Huiskok 2016/17 te kook met KOO-produkte vir publikasie in Kuier vanaf Augustus 2016 – Augustus 2017. Die wenner moet hom-/haarself beskikbaar stel om teenwoordig te wees by alle media-optredes.

Reëls en Voorwaardes:
Geen laat inskrywings word aanvaar nie. Deelnemers se resep moet hul eie, oorspronklike samestelling wees en ’n KOO-produk as een van die bestanddele bevat. Jou inskrywing sal nie in aanmerking geneem word indien jy enige kompeterende handelsmerk gebruik nie. Dit sluit enige blikkies/ geblikte vrugte, groente, slaaie of pickled produkte. Inskrywings kan nie teruggestuur word nie en Kuier en KOO behou die reg voor om resepte wat ingeskryf is, te publiseer. Die finaliste en wenner word deur die redakteur en beoordelaars aangewys. Die redakteur se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal verder hieroor gevoer word nie. Werknemers en naasbestaandes van Media24, KOO en ander borge mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Deelnemers moet ’n Suid-Afrikaanse burger met ’n geldige ID en ouer as 18 wees om in te skryf. Pryse is nie oordaagbaar nie en produkpryse kan nie vir kontant geruil word nie. Die finaliste en wenner moet bereid wees om in Kuier te verskyn en aan bemarkingsaktiwiteite (insluitend kookdemonstrasie en media-optredes) van Kuier en KOO deel te neem.