Goeie nuus vir Khloé Kardashian

Khloé Kardashian het onlangs gewonder of sy ooit kinders van haar eie sal hê, maar sy is nou heelwat gerus nadat sy die dokter weer besoek het.

Die 32-jarige werklikheidster was oop met die idee om ’n surrogaat vir Kim Kardashian te wees om haar derde baba te dra. Sodoende het sy en Kim ‘n afspraak met die vrugbaarheidspesialis dr. Andy Huang gemaak om die moontlikheid te bespreek. Khloé het egter geskrik toe die dokter gedurende ’n sonar bevind sy het minder eierstokke as wat normaal is vir haar ouderdom. Dit het Khloé laat wonder of sy ooit kinders van haar eie sal hê.

Dr. Huang het haar aangeraai om die voorbehoed te stop en hom weer kom sien sodra die hormoon pille uit haar sisteem is.

Met Khloé se tweede besoek merk die dokter op dat daar niks fout is nie. Dié nuus was egter so groot dat sy nou eerder haar eie baba met haar kêrel Tristan Thompson beplan.

“Ek en Tristan dink beslis daaraan om ’n gesin van ons eie te begin. Hy wil vyf of ses kinders by my hê en dit is vir my pragtig. Ek dink ons kan by een baba begin en later ons gesin verder uitbrei. Die wete dat ek nie op voorbehoed is nie is nogals angswekkend. Dit is ‘n baie groot stap,” sê Khloé.

Bron: www.eonline.com