Bohaai oor baba

Op Maandag die 22ste Julie, het die damwal van Koninklike babakoors uiteindelik gebreek.

Prins William se vrou Catherine is vroegoggend hospitaal toe gejaag en miljoene mense het

vir die volgende 11 uur vasgenael voor hul TV’s gesit en die hospitaaldeur dopgehou. Vir

daardie elf uur was al wat jy op die TV gesien het die St Mary’s hospitaal se (toe)deur en

argief foto’s van die paartjie en selfs van William se geliefde ma, Prinses Diana, toe hy gebore was.


Lees meer:
Maar hoekom die bohaai oor die baba? Ja sy oumagrootjie is die Koningin van Brittanje en sy ouma is die ontslape Prinses Diana, maar is die bohaai regtig nodig?


Hoekom moet die wêreldmedia soveel geld en aandag aan een baie bevoorregde baba skenk,

terwyl miljoene babas regoor die wêreld se ma’s skaars genoeg kos inkry om ‘n gesonde

swangerskap te ondersteun en niemand gee om vir hulle nie. En dis nie asof daar nie ander meer dringende kwessies is wat die wêreld se aandag benodig nie.

Die wêreld se ekonomie is in duie, stede soos Detroit in Amerika is bankrot verklaar, mense reg oor die wêreld verloor hul werk, huise en heenkome.

Europese lande se ekonomies is ook in duie en die uitkyk is nie goed nie. Hongersnood en armoede is steeds een van die grootste kwessies

in ontwikkelende lande en moeders en baba’s in hierdie lande se lewensverwagting word

deur hongersnood, armoede en konflik kort geknip.

Is dit miskien die rede hoekom mense amper soos een op die Koninklike baba fokus? Is die

werklikheid net te veel vir almal en soek hulle iets om hul aandag van die nare werklikheid

af te lei? Hoe dit ookal sy, ek hoop jy onthou jou medemens en gee net soveel aandag

aan die hawelose, honger mense in jou gemeenskap as wat jy aan ‘n bevoorregde baba aan

die ander kant van die wêreld gee wat nie eintlik baie in jou wêreld sal verander nie.

En aan die trotse nuwe ouers? Geluk aan julle, elke kind is ‘n seëning.

En geluk met die pyjamadril!

Deur Rochelle Barrish


Finn van Glee se dubbellewe

In Glee was Cory Monteith een van die gunstelinge. Hy was die football-held wat vir een

of ander rede meer tuis gevoel het met die bleeksiele. Hy was nie die beste akteur nie

en ook nie die beste sanger nie, maar Gleeks (aanhangers van Glee) was mal oor hom.

En miljoene Gleeks regoor die wêreld is in rou gedompel na sy tragiese dood verlede maand.


Lees meer:

Volgens berigte was Cory die oulike Gleek in Los Angeles terwyl hulle verfilm het,

maar in sy tuisdorp van Vancouver in Kanada was dit ‘n ander storie. Hier was drank

en dwelms aan die orde van die dag en was sy lewe ver verwyderd van die boy-next-door

persoonlikheid wat hy in op stel voorgehou het.

Nie dat dit gaan saak maak aan al die Gleeks regoor die wêreld nie. Finn en Rachel

(Cory en Lea Michele) was een van die gunstelinge en hulle harte is stukkend.

Cory was in sy hotel gevind met heroine en drank in sy sisteem en daar is geen tekens

van vuilspel nie. Hy was 31 ten tyde van sy dood.

BRON: NY Daily News, Times Live