Chunky groentebredie

Genoeg vir 4 as hoofmaal en 6 – 8 as bykos

 

BESTANDDELE

4 eetlepels olyfolie

2 uie, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekneus en fyngekap

4 groterige wortels, geskraap en in ringetjies gesny

500 g tamaties, geskil en in blokkies gesny

750 g groenbone, gekerf

8 vars basiliekruidblare

Sout en varsgemaalde swartpeper

 

METODE

Sit al die bestanddele in ’n groot kastrol en geur met die sout en peper. Bedek en kook 20 minute lank oor matige hitte. Roer af en toe. Haal die deksel af en kook nog ’n rukkie totdat die meeste van die vloeistof weggekook het, maar die groente nie heeltemal sag is nie.