ATKV-Gedigtekompetisie in samewerking met Kuier

As dit nog altyd jou droom was om jou gedig te publiseer, is dit jou kans om vanjaar aan die ATKV se gedigtekompetisie deel te neem! As jy daarvan hou om gedigte te skryf, is dié kompetisie net vir jou.

Hier verskyn die reëls en voorwaardes, hou dit ingedagte wanneer jy inskryf.

 

 

Geen laat inskrywings word aanvaar nie.

  • Inskrywings kan nie teruggestuur word nie en Kuier en die ATKV behou die reg voor om gedigte wat ingeskryf is, te publiseer.
  • Die finaliste en die wenners word deur die redakteur en die ATKV-beoordelaars aangewys.
  • Die redakteur en die ATKV-beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal hiervoor gevoer word nie.
  • Werknemers en familielede van Media24 en die ATKV en ander borge mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Alle deelnemers moet Suid-Afrikaanse burgers wees.
  • Diegene wat jonger as 18 jaar oud is, moet skriftelike toestemming van hul ouers kan bewys.
  • Pryse is nie oordraagbaar nie.
  • Die finaliste en wenners moet bereid wees om in die Kuier te verskyn en aan bemarkingsaktiwiteite van Kuier en die ATKV deel te neem.
  • Indien jy jou inskrywing per e-pos of Facebook stuur, is daar nie ’n bevestiging van ontvangs beskikbaar nie.
  • Indien jou e-pos wys dat dit gestuur is na die korrekte adres, het ons dit ontvang.

 

Jou inskrywing moet aan die volgende voldoen .

  • Jou gedig moet ’n titel/naam hê, jy moet jou naam en van gee (soos wat dit op jou identiteitsdokument/geboortesertifikaat verskyn).
  • Jy moet jou ouderdom aandui.
  • Jy moet ook jou woonadres en kontakbesonderhede soos ’n telefoon- en/of selfoonnommer aanstuur.
  • Indien jy nie hierdie inligting stuur nie, word jou gedig nie aanvaar nie en word jy onmiddellik gediskwalifiseer.

 

Wanneer sluit die kompetisie?

Die sluitingsdatum vir alle inskrywings is op Vrydag 30 Junie 2017 stiptelik om 12:00nm.

Hoe neem jy deel aan die kompetisie?

  • As jy aan die kompetisie wil deelneem, kan jy slegs een gedig inskryf.
  • Die gedig mag nie langer as 14 reëls wees nie.
  • Die gedig moet slegs in Afrikaans (nes jy dit praat of skryf) wees.
  • Dit kan oor enige onderwerp handel, maar dit moet geen kru (vloek-)taal bevat nie.
  • Dit moet jou eie, oorspronklike samestelling wees en nie voorheen elders gepubliseer wees nie.
  • Moenie plagiaat pleeg nie. Dit beteken dat jy bv. nie Daniel Hugo se gedig kan instuur of dele daarvan kan gebruik en inskryf nie.

 

Hoe oud moet jy wees om deel te kan neem?

Daar is twee kategorieë:

Junior kategorie: Gr. 8- tot 12-leerders

Senior kategorie: Volwassenes ouer as 18 jr.

Onthou, indien jy in die junior kategorie is, moet jy skriftelike toestemming kry van jou ouers of voog.

Hierdie toestemming moet ook ingestuur word saam met jou gediginskrywing.

Sonder hierdie skriftelike inskrywing kan jy nie deelneem nie en word jy onmiddellik gediskwalifiseer.

  • Damiam Vincent Henry

    Kan jy meer as een gedig inskryf?

  • ELIZABETH-ROSE GEORGE

    Presies wat is die epos adres? Moet daar dubbel spasieëring wees? Moet dit in Pdf formaat wees?