Appeltert

Genoeg vir 4

 

BESTANDDELE

1 rol bevrore skilferdeeg (ontvries)

1 – 2 pienk (Pink Lady) of soet rooi appels

Bruinsuiker

 

METODE

Neem die rol skilferdeeg en deel dit in twee. Rol elke helfte dun uit en voer twee langwerpige, losboom tertpannetjies daarmee. Verwyder die appels se stronke en sny met skil en al in dun skyfies. Rangskik dit op die tertdeeg. Sprinkel bruinsuiker oor en bak vir 12 minute in ’n voorverhitte oond van 220˚C. Bedien met styfgeklitste room of roomys.