Adele wys ondersteuning vir Londense brandslagoffers

Die Rolling in the Deep-sangeres Adele en haar man Simon Konecki toon steun aan almal wat geraak word deur ’n dodelik brand wat gisteraand by die Grenfell-toring in Londen uitgebreuk het.

Minstens 12 mense het in die brand omgekom en meer as 70 is beseer. Volgens NBC News het meer as 250 brandbestryders die vlamme probeer uitblus wat vermoedelik vir dae sal duur.

Die 29-jarige Grammy-wenner het die toneel besoek en tussendeur drukkies aan aanhangers uitgedeel terwyl sy rond gevra het of enigiemand hulp nodig het.

’n Plaaslike inwoner onthou hoe mense hul kinders by die vensters uitgegooi het om hulle veilig onder te kry toe die vlamme deur die hoë woonstelblok versprei het.

Owerhede sê die oorsaak van die brand is onduidelik en word ondersoek.

Bron: www.eonline.com